HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Grensoorlog
Grensoorlog, 1966 – 1990. Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Namibiese Vryheidsoorlog of Angolese Bosoorlog. Dit was grootliks 'n asimmetriese konflik wat van 26 Augustus 1966 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika), Zambië en Angola plaasgevind het tot 21 Maart 1990. Asimmetriese oorlogvoering is oorlog tussen oorlogvoerders wie se relatiewe militêre mag aansienlik verskil, of wie se strategie of taktiek aansienlik verskil. Dit is gewoonlik tussen ‘n staande professionele weermag en ‘n opstands- of weerstandsbeweging. Volgens die dienspligstelsel wat gegeld het in daardie tyd het GKSA predikante ‘n kritiese- en belangrike werk, ook verantwoordelikheid gehad in die pastorale versorging van troepe aan die *grens en naasbestaandes tuis. Op uitstalling is ‘n uniformbaadjie en pet met kentekens van die Militêre Kapelaansdiens.