HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Dirk Postma
Dirk Postma, 1818-1890. Dirk Postma was eerste predikant van die Gereformeerde Kerk. Hy was die stigter en eerste professor van die Burgersdorp Opleidingskool waar predikante en onderwysers vanaf 1869 tot 1905 opgelei is. **Dirk Postma is in Nederland in Dokkum op 10 Januarie 1818 gebore. Hy en sy familie vereenselwig hulle met áfscheiding’ van lidmate van die hervorming (groepering in Nederlandse kerk), dit is die terugkeer tot belydenisskrifte en liturgie in 1834 en keer terug tot die belydenisskrifte soos vasgestel deur die Sinode van Dordrecht. Postma voel geroepe om predikant te word. Aangesien daar in sy kerkverband nie ‘n Teologiese Skool was nie, ontvang hy opleiding by Ds T F de Haan. Postma word in 1840, sonder formele teologiese opleiding, bevestig as bedienaar in Minnerta. Daarna bedien hy ook Middelstum-Bedum en Zwolle. Hy beywer hom veral vir Christelike onderwys en dra by tot die stigting van ‘n eie Teologiese Skool in Kampen in 1854.