top of page

Dirk Postma se koms na Suid-Afrika

Dirk Postma se koms na Suid-Afrika: In die Transvaalse Staatskerk was daar slegs een predikant nl. Dirk van der Hoff. Daar was dus ‘n groot behoefte aan bedienaars. Die Sinode van die Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk vaardig ds. Postma af om na Suid-Afrika te reis. Deel van sy opdrag was om ondersoek in te stel na die godsdienstige toestande in die Transvaal. Ds. Postma reis per skip en kom in Simonstad aan in 1858 en besoek Kaapstad en Durban. Daarna vertrek hy na die Transvaal waar hy in Rustenburg lidmate ontmoet. Die groep was nie gelukkig oor die sing van gesange onder die kerkdiens nie en ook sterk gevoel het oor sekere “dwaalleringe”. Van die lidmate versoek ds. Postma om hulle by te staan in hul soeke na ‘n oplossing. Die uitkoms is dat Postma hulle help met stigting van die Gereformeerde Kerk in Rustenburg op 11 Februarie 1859. Ds. Postma bedien verskeie gemeentes in Transvaal, die Vrystaat en die Kaapkolonie. In 1866, word hy predikant van Burgerdorp en help ook met die opleiding van die studente. Vanaf 1879 tot 1890 dien hy as voltydse professor aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke. Ds Postma was vyf keer getroud en en van sy kinders en skoonseuns het ‘n belangrike rol gespeel in die Gereformeerde Kerk. Sy skoonseuns was Jan Lion Cachet, J A du Plessis en J D du Toit en so was sy seun Petrus kapelaan vir pres Paul Kruger. Een van van sy ander seuns, Martinus, was hoogleraar (professor) op Burgersdorp. Dirk Postma sterf op 28 Desember 1890.

bottom of page