top of page

Verdere ontstaan

Verdere ontstaan van die Gereformeerde Kerk in die buiteland. Trekbeweging van die lidmate: Die Angolatrek, 1874-1875. Dorslandtrek. Trekboere het na St Januario, Humpata gegaan. Rede vir die trek was ongelukkigheid met bestuur van die Z.A Republiek, ‘n politiek burgerlike aangeleentheid. Die eerste groep wat getrek het was die Van der Merwe-trek wat met groot verliese vyf jaar later in 1880 in Angola aangekom het. ‘n Groot aantal Gereformeerde lidmate is in die trekgroepe en hulle stig die Gereformeerde Kerk Humpata (in die detydse Portugees-Wes-Afrika). Dis nie bekend of hier ’n leraar was voor die koms van ds. Pieter Biewenga in 1903 nie. Nadat ál meer Afrikaners hulle mettertyd noord van Humpata gevestig het, is ‘n afsonderlike wyk vir bediening  gestel in Que, Cubal, Hanha en Catumbela. Ds. Biewenga, wat as leraar van die gemeente Humpata sendingwerk gedoen het, is op 28 Mei 1906 as Que se eerste en enigste leraar bevestig. Hy het die gemeente bearbei tot 1926, twee jaar voor dit, nes Humpata, in 1928 ontbind het.

bottom of page