top of page

Jan Lion Cachet

Jan Lion Cachet, 1938-1912. Jan Lion Cachet word as een van die “vaders” van die Gereformeerde Kerk beskou. Hy is gebore op 29 November 1838 as die seun van Joodse ouers naamlik Salomon Lion Cachet en Rachel Aletta Hamburger. In 1849 het die familie onder die leiding van Isak da Costa  tot die Christendom oorgegaan. Die jong Jan Lion Cachet het skoolgegaan in die skool van Isak da Costa. Hy ontvang opleiding as sendeling en onderwyser aan die Vrije Skotse Kerk in Amsterdam. Cachet besluit om na Suid-Afrika te kom na n versoek van dr William Robertson aangesien daar n behoefte was aan geestelike arbeiders. Vir n kort tydjie gee hy onderwys aan die Kaap maar in 1862 verhuis hy na Natal waar sy broer Frans predikant van die NG Kerk te Ladysmith was. Hier gee hy weer onderwys maar bestudeer verskeie tale waaronder Frans en Duits. Hy hunker egter na die Calvinisme en gaan oor na die Gereformeerde Kerk. Hy ontmoet ds. Dirk Postma en deur privaatstudie onder leiding van ds. Postma word hy op 27 Julie 1868 toegelaat as predikant. Begin sy bedieningsloopbaan in verskeie gemeentes waaronder Rustenburg, Burgersdorp,Phillipstown en Steynsburg. In die tyd dien hy ook as deeltydse dosent aan die Teologiese Skool te Burgersdorp. Vanaf 1894 tot 1911 is hy voltydse professor aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk. Cachet het hom sterk vereenselwig met die lot en bestaan van die Afrikaner. Hy behartig in die1880’s Die Afrikaanse Patriot (koerant), en was ook n kampvegter in die Eerste Afrikaanse Taalbeweging om Afrikaans van spreektaal tot skryftaal te verhef. Uit sy pen het daar verskeie artikels en ook gedigte verskyn. Die bekendste is onder andere Sewe duiwels en wat hulle gedoen het; Het huisgezin van den Hugenot en Getrouw tot den dood.

bottom of page