top of page

Voorwerpe

Voorwerpe in die museum bestaan uit papier, tekstiele, hout, yster, sink, metaal, kermamiek en glas, steen en klip, koper, kunswerke en musiekinstrumente. Primêre uitstalling:
Tekstiele - dooprok, voortrekkerkappies, onderbaadjie en geheklelde lappies; Manel en ‘n pluiskeil (drag van predikante in die vroeë eeue), PU vir CHO Universiteitsbaaidjies en ‘n Kapelaansbaadjie en pet met kentekens.
Musiekinstrumente – orreltjies, een besondere huisorrel wat bewaar gebly en saamgetrek het in die Dorslandtrek.
Hout – ‘n indrukwekkende preekstoel in die voorportaal waarop bekende persone gepreek het en stoele uit verskillende tydperke; handgemaakte stoel van seringboomhout (dit is die hout van boom waaronder die Kerk herstig is); Twee houtkruise van die Kruiskerk - ‘n tipiese simboliek van daardie tydperk.
Papier – ‘n aantal Bybels van prominente figure; uitgebreide Bybelversameling in verskillende tale van dwarsoor die wêreld en antikwariese boeke is op uitstalling.
Yster – ‘n kerkklok van gemeente wat gesluit het.
Kunswerke - aantal tekeninge en etse met groot historiese waarde.Sink – trommels wat gebruik is om klere en ander ware te verpak met reise.
Steen en klip -Hoekstene van kerkgeboue en maalklippe wat gebruik is vir verwerking van mielies en/of koring tot meel.
Keramiek en glas. - In die uitstalling is verskillende bakkies en ook ‘n nagmaalservies.
Koper – Onbeskadigde en skaars koffiekonfoor is een van die voorwerpe op uitstalling.
Metale – Medaljes uit verskeie oorloë en historiese gebeure; aantal nagmaalbekers.

bottom of page