top of page

P W Buys

P W Buys, 1923-1999: Akademikus, Psalmberymer, Predikant, Digter Pieter Willem Buys is op 15 Oktober 1923 in Germiston gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding op Brakpan en Bronkhorstspruit. By die PU vir CHO behaal hy die grade, B A, BD en die MTh. Hy word beroep na die kombinasie Theunissen en Bultfontein. Daarna bedien hy Kroonstad, Potchefstroom en GK Noordbrug (Potchefstroom). Hy vertrek later na Nederland waar hy sy doktorale studies voortsit en afhandel in 1970. Van 1973 tot 1988 was hy professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom. Hy publiseer talle wetenskaplike artikels en in opdrag van die Sinode, verantwoordelik vir die hersiening van die Totiusberymings van die Psalmboek. Prof Buys was ook baie bekend vir sy digwerk van hoofsaaklik godsdienstige aard en word soms bestempel as Potchefstroom se ander Totius. Na sy emeritering in 1988 help hy met die pastorale versorging van bejaardes in Potchefstroom. Dat dit uitmergelend was en die swaar hom diep getref het kon gesien word in die gedig Tuiskoms. Hy sterf op 27 November 1999 te Potchefstroom.

bottom of page