HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Die Afrikaners in Argentinië
Die Afrikaners in Argentinië verwys na die sowat 600 Afrikaners wat tussen 1902 en 1907 uit Suid-Afrika na Argentinië geëmigreer het. In 1907 word ‘n gemeente Kolonia Boera gestig en Chebut in 1912. Nog groepe het in 1907 in Patagonië aangekom, meestal uit die Transvaal en die Oranje-Vrystaat. Setlaars het toegespits op skaapboerdery, paaie geboue, ongetemde gebiede mak gemaak en produkte verbou soos hawer, gars en lusern. Hulle het hul kinders hul gewoontes, kultuur en taal geleer. Selfs vandag praat baie van hulle afstammelinge nog Afrikaans.In Mei 1954 beroep gemeente Chebut ‘n predikant, ds Boonstra ‘n Argentyn, die taal van hierdie gemeente sou dus nou Spaans wees. Die Gereformeerde Kerke in Argintiniê staan bekend as die Ingles Reformadas en la Argintinia.