top of page

Teologiese Opleiding

Teologiese Opleiding: Eerste Teologiese opleiding het in 1859 begin met die toerusting van predikante deur ds Dirk Postma by sy huis. In 1869 is ‘n formele Teologiese Skool in Burgersdorp begin. Dit is later verskuif na Potchefstroom in 1904/1905. Die teologiese opleiding van Afrikatalige -studente is in 1956 in Dube (Soweto) begin en dit is in 1961 na Temba in Hammanskraal verskuif. As gevolg van die politiese stelsel in Suid-Afrika is die Teologiese Skool Hammanskraal gestig en teologiese opleiding is gegee tot 1994, waarna dit saamgesmelt het met die Teologiese Skool Potchefstroom.

bottom of page